Namibia Financial Rates
Repo Rate 6.00 %
Prime Rate 9.75 %
NCPI (Aug 2011) 6.1. %
N$/USD 7.8839  
N$/GBP 12.76  
N$/EUR 10.91  
 

Koos

22 November:

Lyk vir Koos Julius Malema het kom kop uitsteek in die land van goud en heuning. Dit was darem `n dramatiese affêre wat Malema se skaduwee— die man wie se van net soos sy naam klink, gegooi het. Nooit in Koos se wildste drome het hy gedink dat Julius Malema en Paris Hilton se brakkie so gevaarlik kon blaf. Asseblief oom K, hou die blink kant bo al wil jy nie… dis goed vir `n mens se “image”. Rekonsilasie is nou binne sy alie alles te danke aan jou . En daai arme papier kos geld— dit vat harde werk om dit vol te skryf.
Koos voel geraak deur die feit dat die parkie inwoners hulle nie meer in die parkie huisves nie. Dié het glo na Narraville se begrafplaas verhuis. Die gesegde 'laat die dooies die dooies begrawe' is waar, maar komaan baainaars, steek julle hande in julle boesems en help die arme mensies. Terwyl ons op die onderwerp is, wil Koos ook net vir die burgemeester sê dat sosiale funksies is nie daar om fetes op te los nie. Al ooit die gesegde 'uit die perd se bek' gehoor? Die koerant het net geskyf wat die die parkie inwoners gese het. Die Munisipalitieit was gekontak vir `n “response”. Die koerant streef om almal `n regverdige kans te gee(selfs die parkie inwoners) om hulle kant van die storie te stel.
Koos verstaan ook dat posduiwe deesdae vinnger is as die poskantoor op Walvisbaai. Die mense kla vir jou oor hoe stadig hulle briewe en skuld briewe by hulle uitkom. Al wat wys wanneer 'n sekere oom sy posbussie oopmaak, is hoe die dametjie wat die pos moet sorteer, te lekker op haar selfoon staan en koer.
Koos verneem ook van`n sekere dame wat glo werksaam was by die poskantoor op Walvisbaai so 'n paar jare terug as 'casual'. Kyk die een het glo by al wat `n poskantoor is gewerk. Daar word beweer dat geld glo spoorloos verdwyn as die dame in die omtes is. Mens wonder of sy `n sekere gawe soos die van Robin Hood het of prontuit net gretige lang vingers het. Een van die hoë bome by die poskantoor is toe gevra om meer lig op dié dame se doene en late te werp. “Laat ek maar liewer my mond zip” was die enigste reaksie. Met so `n antwoord sien Koos sommer dadelik `n rooi lig en sal maar sy vriend Paulus Noa se hulp inroep. “Waar daar `n rokie is is daar altyd `n vuurtjie”.
'n Goeie informant van Koos vertel ook van `n bank-beampte wat glo gevra is om tans by die huis te bly. Dit gons glo behoorlik in Narraville se sosiale kringe oor die dame. Niemand weet waaroor sy by die huis is nie en almal is nuuskierig om uit te vind waaroor die nuutse verwikkeling gaan. Koos hoop nie sy is kop-in-een-mus met `n BEE nie. Dit blyk of dit hoogs staatsgeheim is, maar Koos is seker hy gaan die kode binnekort kraak.

14 October

Koos sê

Dagsê, dagsê mense!  Koos hoop julle het `n aangename week gehad.   Deesdae is Koos mos  woonagtig daar anderkant die treinspoor en hoor dinge sommer eerstehands.  

Verlede week het Willem Lek  (Wikileaks) vir Koos vertel van `n BEE (`n buzzing karakter) wie se tjeks glo loop en hop.  Die Uwe word glo deesdae gevra om liewer met kontant te koop ingeval die hasie weer op spring gaan. Die BEE is glo ook `n haan onder die henne vernaamlik onder die pragtiges met hope skuld en pragtige vere.  Koos vermaan en waarsku die dames nou om liewer “Cash Only” plakkers  asook blou lampies   aan te skaf… Die blou lampies sal help  vasstel of dit nie valse dollars is nie, sommige BEE kan jy mos net vertrou so vêr as  wat  jy hulle sien.

Ook gehoor van die prokureur en `n persoonlike bankier wat glo besig is om mekaar  vuurwarm te vry in die dorp. Die twee het glo geen skaamte nie en traak ook nie met die vernederinge wat hulle  huweliksmaatjies en kinders glo deurgaan nie.

Koos bring dit graag onder die bankende dame se aandag dat sy nie die eerste een is wat val vir die mooi slinkse  of is dit kragtige woorde, van die prokureur nie.  Die twee se kuiertjies strek glo so ver as besoeke na Swakopmund waar hulle hul eskapades voortsit deur hulle voor te doen as toeriste.

 Meneer die prokureur het glo verskeie ander besighede  en gebruik dié as `n  liefdesnessie.  Koos wonder of  mevrou die bankier regsterme of taalgebruik  verstaan. Lieg en bedrieg is mos glo die leuse en keuse van sommige prokureurs. 

Die hele dorp weet al van julle twee se eskapades.  Voor Koos jou vermaan kan jy gerus van jou ryk kliënte na Koos se kant toe stuur mevrou die bankier, want Koos kan doen met `n miljioen.  Dit daargelaat: Skaam julle! Wat het geword van “tot die dood ons skei” en onthou dit is heilige en geseënde brood wat so vermors word. 

Die donker het ook ore en oë en Koos weet dit maar alte goed.  Koos het amper op sy rug geval toe hy sy elektriese rekening gesien het…. Die is nie net verhoog nie maar het ook vertrippel.  Koos wil sy  elektrisiteit  maar terug gee aan oubaas  de Koe en  maar vir Chief Kootjie toestemming vra om op  Utuseb hout te maak…. Aai tog Erongo  Red, in plaas van ons te Red  lei julle  ons dieper in die duisternis.

Die dag dat kinders  op straat op die  mure onder straatligte studeer is nie vêr nie… Maar wie daai  rekening gaan betaal is weer `n ander storie.

Koos hoop dit gaan baie beter met die Springbokondersteuners  vandag.  Almal weet dat die week   glad nie `n goeie een was vir Suid-Afrikaanse rugby nie.   Die wat nie die nederlaag kan verwerk  nie kan gerus by die sielkundige Koos `n draai  kom maak. Voel gerus vry om `n bottel brandewyn saam te bring want dit gaan `n lang sessie wees.

`n Laaste dringende aankondiging: Koos soek sy broer “ Pietertjie wat van  //anes (Rehoboth) verdwyn het.  Die verdwyning  laat Koos wonder, is  Pietertjie se manier van verdwyning  nie `n slinkse idee om van alle “nie werkende amptenare” ontslae te raak nie.     Maar nog `n manier moet   ook uitgedink word om van  hulle permanent te laat verdwyn, Koos ken sommer `n hele klomp in die streek wat hy wil weg toor.  Pietertjie, voor jy heeltemal verdwyn kom los eers jou mansion se sleutel onder die Namib Times se deur… vanjaar se afskeidsparty gaan  heel moontlik by jou huis plaasvind, want   jy is  mos`n man wat nie skrik vir `n regte party nie.  Aaitog, Koos is baie trots op sy  broer, Pietertjie .

 

7 October 2011

Liefie:

Liefie bepeins vandag oor hoeveel van ons siek geliefdes ons gaan afstaan aan die dood (hulle gaan beslis nie in vrede rus nie) omdat daar nie 'n staatsambulans beskikbaar is om hulle betyds na 'n hospitaal vir behandeling te bring nie.

Woensdagaand het 'n man in die straat op ons staatsambulanslose dorp neergeslaan en toe beswyk. Hy het vir ongeveer 'n uur in die straat gelê en was klaarblyklik klaar dood toe 'n gemeenskaps- ambulansdiens uiteindelik daar aangekom het. Getraumatiseerde familielede en ook omstanders het verbete gepoog om 'n staatsambulans te ontbied na die toneel maar dit was tevergeefs. Die het nooit opgedaag nie want daar is glo geen ambulanse beskikbaar nie.

Deesdae moet jy mos kan bekostig om in een ('n ambulans) te kan klim andersins klim jy beslis nie. Ryloop geleenthede na die hospitaal bestaan ook nie meer nie. Vir Liefie en baie ander belastingbetalers wat nie medies het nie is die geprivatiseerde verskafing van ambulansverwante dienste op die dorp 'n “one way ticket” en 'n ompad na 'n vroëe dood en 'n laaste rit met die lykswa (indien die polis op datum is) na die begraafplaas en die hiernamaals.

Die gebrek en ook onbeskikbaarheid van staatsambulanse op Walvisbaai is rede tot groot kommer onder inwoners van ons aansienlike Oasis. Die eens staatsverskafde ambulanse asook die lewering van die lewensbelangrike diens vir siek mense wat 'n nood- rit na die hospitaal benodig het soos mis voor die son op ons dorp verdwyn. Dit is werklik pateties dat 'n lewensreddende geleentheid per staatsambulans na die hospitaal vir die behandeling van slagoffers van ernstige ongelukke en ander mediese gevalle ontbreek op die vooruitstrewende en toonaangewende dorp. Bestaan die belangrike diens nie meer nie?

Liefie was ook op die ongelukstoneel toe 'n bussie met studente van De Duine en 'n Golf voertuig nie so lank gelede op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai in 'n noodlottige botsing betrokke was. Verskeie privaat ambulanse was gou op die ongelukstoneel en het soos 'n hoop bloedsuiers om ‘n bloedplas saamgedrom. Die beseerdes met mediese dekking was in 'n japtrap gestabiliseer en met styl per ambulans na 'n privaathospitaal geneem terwyl daar aan die nie so gelukkiges (belastingbetalers) sonder mediese dekking se toestande op die grond op komberse aandag gegee was. Daar was toe ook geen staatsambulans in sig nie.

Ten slotte hoop Liefie van harte dat die rympie “daar is nie nou 'n polisie vangwa beskikbaar nie” iets van die verlede is.

 

30 September 2011

Koos sê

Koos tik vandag sy rubriekie met `n teleurgestelde gemoedstoestand. Koos en sy kollegas is baie geraak deur die manier hoe die Welwitschias verloor het by vanjaar se rugby wêreldbeker. Dit het hom aangespoor om `n spesiale poeier konkoksie in sy ander spreekkamer in Rehoboth op te toor.

Die poeiertje gaan sommer hope sentimeters en tonne spiere op die regte plekke ontwikkel vir ons spelers. Koos wil hê hulle moet met mening groei en sy wens is dat hulle swaarder, wyer, breër en langer moet raak. Koos se vrinne daar op Rehoboth vertel dat hulle hul rugby en sokkerspanne glo suikerwater net voor hulle wedstryde injaag. Dié dat die manne daar so tops is in sport. Moenie vir Koos vra of dit egte suikerwater is nie. Daar is mos sommige dinge waaroor nie gepraat mag word nie en hy wil tog nie alles loop en uitlap nie want die moontlikheid dat sy basterlisensie teruggetrek mag word is groot.

Net `n vriendelike boodskappie aan al die Springbok ondersteuners. “Al het die Bokke ons gewen, smul ons almal tog altyd te lekker aan hulle vleis wat ons onwettig bekom…so wen ons maar die Bokke met die mond”. Ons maak biltong van hulle!

Koos hoor dat `n dame daar duskant die treinspoor haar werk verloor het nadat sy haar “kasregister”, oftewel haar “cashbox” glo te wyd oopgemaak het vir haar baas. Dié was glo te vriendelik met die baas, maar vir jare was sy `n suurknol met die kliente. Daar word ook vertel dat die baas se wederhelfde `n bitter pil is om te sluk. Sy loop glo heeldag rond met `n begrafnisgesig. Die hele situasie laat Koos nou wonder hoekom sou jy twee keer in dieselfde slaggat trap? Of was die gras rêrig groener aan die ander kant? Nou kom Koos sê nou vir jou `n ding: al is die gras groener anderkant, sal jou water en ligte rekening defneslis duurder wees... en dis nie die wors(divorce) nie, dis pap en vleis meneer, al eet jy dit elke dag!

 

30 Augustus 2011

Koos sê

Dagsê mense . . .  Koos is nog besig om te herstel van skok, want verskriklike dinge is besig om te gebeur hier in die skip-dorpie. Hulle sê mos die hoogste bome vang die meeste wind… maar in Walvisbaai vang slim nog altyd sy baas. Gehoor van die rokjagter wat besluit het om blykbaar 'n uitheemse taal aan te leer? Koos praat nie van Herero of Damara nie, maar die taal wat Jennifer Lopez praat. Sien, die man het hom blykbaar misgis dat alles in die donker bly, maar kyk, het hy nou daai pot misgesit wat hom duur te staan kom.

Daar waar Koos bly hoor hy nou die dag  dat 'n dametjie vir 'n mevrou N$ 70 000 moes betaal . Sy het glo die mevrou se twee-been beursie misgis as “a single’’ twee-been beursie en moes met skok en 'n broodjie in die oond  besef dat haar twee-been beur-sie  alreeds 'n halsbandjie het in die vorm van 'n mevrou en dat sy maar net eintlik die houvrou was.  

Dit daar gelaat… Koos hoor ook dat 'n nuwe “date rape” konkoksie nou die rondtes doen. Koos het ook eksperimenteer en self die konkokosie uitgetoets. Mense, Koos  kan net bevestig-  brandewyn en coke vir my ten alle koste want Koos het net drie name van die dae van die week die volgende oggend onthou.

Liefie

19 Augustus 2011

“What you gonna do when your well runs dry?” sing Peter Tosh. Die lied en vraag het vir Liefie aan die dink gesit en meer vrae oor die water kwessie van Walvisbaai het soos water uit 'n oop kraan begin vloei. Liefie het gesien en wonder wie betaal vir die duisende liters water wat na die vis fabrieke toe aan gery was van af die brandkraan in Vyde Weg met die water tekortkominge vroeer in die jaar. Dit was 'n vier-en-twintig uur per dag operasie wat oor meer as twee maande gestrek het. Liefie het ook opgemerk dat water rekenning konstant gebly het vir die verbruiker (en in sommige gevalle gestyg het) gedurende die tekort aan water ondervind. Lug wat in die pype opgebou het tydens die tye van droogte dra glo ook by dat die water meters oortyd hardloop. Liefie koester hoop vir 'n waterdugte oplossing vir die voort vloeiende water probleme en hoop dat die verbruiker van die kosbare vloeistof eendag op 'n reen dag in aanmerking sal kom vir 'n ou afslaggie. 

 

Koos sê

2 Augustus 2011

Koos groet almal  vandag met 'n glimlag, want sien, niemand weet wat Koos weet nie.  

Koos wil vandag gesels oor gesigboekie.  Sien, Koos het hom boeglam geskrik toe hy sien sy ouma het `n vriendversoekie  aan hom gestuur.  Dit wil dan nou vir Koos lyk of die ou mense nou vir facebook oorneem, of is haar smartkaard dalk gekloon?

Maar wat, die kersie op die koek is Storielorrie van die Baai en Skinderbekkie…..

Blykbaar het Skinderbekkie verskeie mense se huwelike en verhoudings versuur.  Kyk mense, daar word vuil onderklere deeglik gewas. Koos wil almal net waarsku dat as jy agter die kas staan, klim uit of  bly weg van gesigboekie. Want kyk, Storielorrie van die Baai het baie laat bieg.

Skinderbekkie word glo hof toe gevat  omdat sy blykbaar `n dame  haar bates in die  beeld van `n tweebeen beursie laat verloor het.

Nou `n tweebeen beursie is omtrent elke vrou se droom.    Die dame het Koos `n groot bedrag geld en ook `n tweebeen beursie wat `n rok dra belowe as Koos vir Skinderbekkie opspoor. 

Nou kan Skinderbekkie opstaan asseblief en ook vir Koos wys hoe hy  tewerk moet gaan want hy sien al klaar dollartekens in sy oë

 

Liefie

Liefie is al gewoond aan die jaarlikse droogte wat gepaard gaan met die reënseisoen en die waterbeperkings wat dit vir Walvisbaai meebring maar is geskok om te hoor dat 'n vooraanstaande Walvisbaai burger en hooggeplaaste staatsamptenaar, woonagtig te Narraville, glo sy swembad vol water maak deur van die noodbrandkraan in sy omgewing misbruik temaak.
Die gemeenskap swembad in die buurt (regoor die polisiestasie) se water is jare gelede vervang met grond. Liefie sukkel nou om sy hande in onskuld gewas te kry en ook om die waterpoele in sy gewete opgedroog te kry nadat die brandweer glo onlangs kurkdroog op die toneel van 'n verwoestende brand aangekom het om vlamme te blus in Kuisebmond. Vlamme kom blus sonder 'n enkele druppel water? Dit is nou vir jou droogmaak! Brandweermanne wat letterlik en figuurlik in die rook rond draai. Waarlik 'n brandende kwesie.

 

Koos

 

Liefie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 
 

Namib Times © 2011 All rights strictly reserved.                                                        Maintained by Namib Times

Follow us on
Facebook

Follow us on
Twitter