| Walvisbaai Shotokan het 'n groot hoogtepunt-jaar afgesluit met 'n prysuitdeling waar die karate sterre vir 2009 vereer was. 'n Kort oorsig oor 2009 bedrywighede. Gedurende die jaar het die Karateka klasse goed bygewoon, hul graderings geslaag, ‘n oefenkamp te Rock Lodge bygewoon & aan verskeie toernooie deelgeneem. Die toernooie op Internationale vlak is 'n goeie voorbereiding vir ons studente se toekoms en hul kan dit ver neem as jong volwassenes. Karate is 'n goeie karakterbou sport met oefening & disipline. Studente wat deur die jaar hard gewerk het en sukses behaal het is dan ook daarvolgens beloon. Die volgende Karateka neem Aug 2009 deel aan die Internasionale toernooi in Potchefstroom & bring 4 Goud, 5 Silver & 5 Brons. Doyle de Haas, Andre Oberholster, Dwayne Wesche, Le-zardo Vos, George de Haas, Olaf Wesche, Tyron Pieterson, Mario Snyman, Kyle Ducie en Peter Pheiffer. Die volgende karateka het deel geneem aan die Statebondstate byeenkoms op 15-17 Oktober 2009 in die Johannesburg Standardbank arena. Sensei Wikus Oberholster as Hoof- skeidsregter Namibië. Andre Oberholster Silver span kumite. Dwayne Wesche. 2009 Prys wenners: Beste Kiddie Dogter: Jessica Strydom. Beste Kiddie Seun: Cameron Engelbrecht. Beste Vordering Dogter (JNR): Monique Jordaan. Beste Vordering Seun (JNR): Kyle Ducie. Hans Novak Kata Seun: Dwayne Weshe. Kumite Seun: Andre`Oberholster. Sport Man: Andre Oberholster / Dwayne Wesche. Beste Vordering (Snr): Doyle de Haas. Beste Klas Bywoning: Laurence Nortier /2 Kwartale 100%. Beste Junior Dogter Gradering: Jelaine Strydom 36. Beste Junior Seun Gradering : Tyron Pietersen/Mario Snyman 39. Beste Senior Grading: Selene Visser 39,3. |