| Kudus bied môre ‘n ses-aan-’n-kant rugbydag aan op die Narraville Stadion.Die klub klub onderneem ‘n toer na Paarl,Suid Afrika,vanaf 13 Februarie tot 20 Februarie. Die doel van môre se rugbydag is om fondse in samel om die toer so bekostigbaar as moontlik te maak vir die spelers.Kudus gaan drie wedstryde speel teen ondeskeidelik Blues, Allendayle en Young Gardens. Die klub sal by die bekende Victor Verster Gevangenis bly en een van die hoogtepunte op die toer is waneer hulle die beroemde tronksel 46664 van oud president Nelson Mandela gaan besoek.Die dag se verrigtinge more begin 12-uur en beloof om n lekker uitspan dag te wees.Swakopmund rugbyklub,De Duine Hoërskool en Kudus het elk twee spanne ingeskryf en gaan mekaar môre behoorlik opkeil.Verversings sal te koop wees.Die hekgeld,wat alles na die toerfonds gaan,is N$20.00 vir volwassenes en N$5.00 vir skoliere.Deelnemende spanne moet 11:30 op die laatse aanmeld.Alle Kudu spelers moet 10-uur by die veld wees.Die klub moedig die gemeenskap aan om die funksie te ondesteun. |