Vis vrek in massas by die strandmeer
· Denver Kisting Die ouers van die vermoorde mnr. Thilo Neumann (40) gaan eersdaags sy aslike oorskot terugneem Duitsland toe. Dié egpaar het onlangs in Swakopmund uit Duitsland aangekom nadat hul die tragiese nuus van hul enigste kind se dood ontvang het. Sy pa het gisteroggend (Donderdagoggend) aan Namib Times gesê hulle beoog om geen diens in Namibië, waar Thilo die afgelope jare gewoon het, te hou nie. Op 'n vraag oor hoe dit met hom en sy vrou gaan, het 'n emosionele Neumann snr. gesê: “Soos wat dit met mens gaan as mens jou enigste seun verloor het. Dit (die herstelproses) sal lank duur.” Hy het verkies om geen verdere vrae te beantwoord nie. Thilo is sowat twee weke gelede op 19 Januarie vanjaar omstreeks 01:00 koelbloedig op sy kleinhoewe sowat 20 km buite die vakansiedorp doodgeskiet. Dít is nadat sy vermeende aanvallers eers 'n veiligheidswag, wat op sy perseel wag gehou het, oorrompel het. Die dag ná die moord, wat internasionaal opslae gemaak het, is. Fillemon Shilongo (35) weens die moord in hegtenis geneem. Shilongo het na bewering die bakkie gery waarmee die moordenaars na die moordtoneel gereis het. Na wat verneem word, het hy glo na die moord op pad terug van die kleinhoewe af beheer oor die bakkie verloor waarna dit omgeslaan het. Die mans het toe te voet verder op die vlug geslaan. Shilongo het voorverlede Donderdag op aanklag van moord en poging tot roof met verswarende omstandighede gemaak. Sy vermeende makker, die dertigjarige Sem Mwaala Shamha, is dieselfde Donderdagmiddag by sy werk in Walvisbaai in hegtenis geneem en het voorverlede Vrydag op dieselfde aanklagte in die landdroshof op Swakopmund verskyn. Dié mans maak op Woensdag, 10 Maart vanjaar, 'n tweede verskyning in die hof. Adjudantoffisier Julia Nujoma, 'n polisie-woordvoerder in die Erongostreek, het gisteroggend gesê hoewel die identiteit van die ander drie verdagtes aan die polisie bekend is, is hulle nog nie aangekeer nie. “Ons is steeds op soek na hulle.”
Wednesday 3 February 2010