Manslag klag nadat 11-jarige seun sterf
Shiyukifeni Shifelene (55) Saterdagaand by die Staatshospitaal op Walvisbaai afgeneem, kort nadat die polisie hom aan bloedtoetse onderwerp het. Dit volg op ‘n ongeluk vroeër die aand toe sy voertuig na bewering in Hannah Mupetami Straat beheer verloor en hy glo die elfjarige Sergio Seibeb getref het. Sebeib is na die Staatshospitaal gehaas, waar sy toestand tot so ‘n mate versleg het dat hy kort daarna gesterf het. Shifelene het gisteroggend ‘n eerste verskyning op ‘n klag van strafbare manslag in dié verband verskyn, en hy is op borg van N$5000 vrygelaat. Hy moet weer op 8 Junie vanjaar in die hof verskyn, en hy het ook aansoek om regshulp gedoen. Draghoender kom lig af: Familielede van wyle Glen Peterson, die jongman wat vroeg op Nuwejaarsoggend 2007 deur ‘n kollega, Sebastiaan Draghoender, op Walvisbaai doodgery is, het gister aan die Namib Times gesê dat hulle geskok is dat hy (Draghoender) so lig van ‘n klag van Strafbare Manslag, afgekom het. Draghoender is gisteroggend N$5000 boete of twee jaar gevangenisstraf opgelê. Hy is ‘n verdere een jaar opgelê, wat opgeskort is vir een jaar, met die voorwaarde dat hy in dié tydperk hom nie weer aan ‘n soortgelyke misdaad skuldig maak nie. (Die foto hierbo: die redakteur van die Namib Times Floris Steenkamp het dié foto op die nuwejaarsoggend 2007 geneem, waar bedroefde familielede by die bedekte lyk van Peterson staan. Dit is in Sam Nujoma Rylaan op Walvisbaai.
Tuesday 9 March 2010