Afwesige stopborde gaan ongelukke veroorsaak:

 Ek beskou myself as ‘n veilige bestuurder, maar gisteroggend was dit so hittete.  Ek wou die kruising van 6de Weg en Hage Geingobstraat oorsteek met my motor, en het amper teen ‘n ander motor gebots wat in Hage Geingobstraat afry. Dit is toe dat ek ontdek ek moes stop by ‘n stopstraat, maar daar is geen stopteken nie. Gelukkig ry ek stadig en dink vir alle padgebruikers rondom my. ‘n Blok verder ontdek ek die stopteken op die hoek van 7de Weg en Hage Geingobstraat is ook af.

Ek het dit aangemeld. Dankie Walvisbaai Verkeersafdeling dat julle die erns van die saak opgeneem het, en ons verwag dat die probleem dadelik reggestel word.

 Veilige bestuurder

 

You must be logged in to post a comment Login