Agtienjarige meisie sterf ‘n heldin toe sy familielid uit die see probeer red

‘n Agtienjarige meisie het op Kersdag die hoogste tol betaal, toe sy tydens ‘n poging om ‘n familielied naby Myl 14 uit die see te red toe self in die proses verdrink het.

Doree Ueriuka Semba het as ‘n heldin gesterf, maar haar verdrinking werp nuwe lig op die gevare wat die see inhou.
Volgens die Namibiese Polisie het ‘n ene Hillary Keingos (16) in die see baljaar, maar is onverwags deur ‘n seestroom meegesleur. Sy het om hulp geskreeu en Semba het sonder om te aarsel die see binnegegaan om Keingos te hulp te snel.
Kort daarna het Semba ook in die moeilikheid beland. ‘n Derde lid van die familie het die twee meisies te hulp gesnel, maar kon net daarin slag om Keingos te red.
Semba se lewelose liggaam het kort daarna uitgespoel.

You must be logged in to post a comment Login