Albei Kudu spanne aan wenkant teen Reho Falcon

Kudus se Eerste en Tweede spanne het albei oortuigende oorwinnings behaal teen Reho Falcon Saterdag in Narraville.
Die tweede span het met 32 – 10 gewen tewyl die eerste span met 22 – 0 te sterk vir die manne van Rehoboth was. Albei wedstryde is in sterk winderige toestande gespeel. Nietemin is kookwater rugby gespeel. Die tweede span het vroeg druk op Reho Falcon geplaas en Ashwin Nash bars na 8 minute se spel oor vir die eerste drie. Paket slag met die doelskop om Kudus met 7 – 0 voor te laat loop. Falcons teken feitlik onmiddelik daarna hulle eerste punte met n strafskop aan om die telling na 7 – 3 te laat krimp. Falcon se vlugvoetige Anthony Brandt teken hierna n briljante drie vanuit sy eie kwartgebied aan om hulle met 10 -7 te laat voorloop. Paket slaag daarna weer met ‘n doelskop om die telling gelykop te maak. Kudus loods hierna die een aanval na die ander op Falcons se doellyn en word uiteindelik beloon met ‘n drie toe Rogero Hays agter die opponente se pale gaan kuier. Die doelskop is weer oor wat die rustyd telling op 17 – 10 in Kudus se guns te staan bring. Na rustyd draai Kudus 2 behoorlik die krane oop wat op nog 3 drieë uitloop. Eers is dit Cody Naholo wat ‘n skitterende drie druk voordat Cameron Stevens met n drie beloon word en daarna teken Cody sy tweede drie aan om die eindtelling 32 – 10 te maak. Soos verwag was die Eerste spanne se wedstryd kliphard met albei spanne wat verwoed ingeklim het. Kudus plaas Falcons deurentyd onder geweldige druk maar hardnekkige verdediging verhoed dat Kudus punte kan aanteken. Eers met sowat 24 minute in die Eerste helfte is dit Wardo Sitzer wat vir Kudus oorseil om die eerste punte in die wedstryd aan te teken. Ulriato Lawrence trek die doelskop links verby en Kudus loop met 5 – 0 voor. ‘n Harde 15 minute bly oor in die eerste helfte maar geen punte word aangeteken nie. Die tweede helfte nes die eerste helfte word met ‘n hoë pas begin en dis veral Falcon wat Kudus onder geweldige druk plaas. Kudus se verdediging hou egter en al Falcons se aanslae loop op niks uit nie. Eers in die 19de minuut in die tweede helfte is dit Calacca wat ‘n drie aanteken weereens is die doelskop mis en Kudus loop met 10 – 0 voor. Anthony Jevu speel sy beste wedstryd tot dusver vir die jaar en is telkemale aan die spits van alle aanvalle. Terwyl dit lyk of 10 – 0 die eindtelling gaan wees maak die afrigters talle plaasvervangings om vars bene op te stuur wat vrugte afwerp. Binne 2 minute is dit eers Joshua Jacobs wat ‘n bal in sy eie helfte onderskep om deur te nael vir n drie in die hoekie. Die doelskop is mis en Kudus loop nou gerieflik met 15 – 0 voor met sowat 2 minute se speeltyd oor. ‘n Laaste aanslag deur Kudus word in punte omskep toe Ivo Croza, wat vir Ulli vervang het, ’n gaping slaan en vir Rayton Paulse wegstuur vir die 4de en laaste drie van die dag. Ivo slaag met die verdoeling en Kudus behaal ’n klinkende 22 – 0 oorwinning. Kudus reis die naweek na Rehoboth om teen Rehoboth Rugby Klub kragte te meet. Rehoboth se kragtige voorspelers gaan defenitief ‘n harde neut wees om te kraak in hul tuis dorp. Kudus het paar dinge wat hierdie oefenweek aandag kort. Die ontvang van die bal na ‘n afskop van die middellyn bly ‘n groot kopseer. Daar sal erstige skrumsessies die week gehou moet word. Lynstaanwerk op hul eie bal kort ook ernstig aandag. Alhoewel Wardo heelwat balle gesteel het, was daar baie ingooiballe nie die springers gevind het.

You must be logged in to post a comment Login