Alombekende Freddie Bester sterf
Die voormalige vak-adviseur en beplanner van die Ministerie van Opvoeding, Kuns en Kultuur in Erongo, mnr Freddie Bester het Donderdag sy stryd teen kanker verloor.
Hy was 63 jaar oud en honderde Namibiërs wat in die tagtiger- en negentigerjare op die skoolbanke was, sal hom as die “veldskool-oom” onthou. Bes-ter was ‘n jarelange inwoner van Swakopmund.
Wyle Bester was in die lewe ook ‘n bekende toer-gids en skrywer oor sy wedervaringe as veld-kenner en werk in die toeristebedryf. Bester het sy loopbaan as onderwyser begin.
Hy laat sy vrou Elbé, dogters Delia en Lizél en seun Fred agter. Sy begrafnis vind vandag (16 Desember 2015) om 10:00 vanuit die NG Kerk Swakopmund plaas.
You must be logged in to post a comment Login