Die Help Senior groep bederf Senior lidmate
Sharlien Tjambari
Die Help Senior groep van die NG Kerk Gemeente in Swakopmund beplan ‘n uitstappie vir alle senior lidmate van hulle gemeente. Dit is sal n “Dolphin Cruise” uitstappie op Maandag, 18 Maart en ook op 19 Maart vanaf 08:00 tot ongeveer 14:00 wees.
Hulle verskaf vervoer die Maandag oggend om 08:00 van die kerk af na Walvibaai en weer terug tot by die kerk in Swakopmund. Die boot vertrek uit Walvisbaai se hawe en hulle vaar verby ‘n skeepwrak, vuurtoring en oesterplase op pad na Pelican Point waar daar tans ‘n groot kolonie robbe gevestig is en terselfder tyd kan die vuurtoring van nader beskou word. Die lidmate sal wonderlike ervaring van robbe wat hulle op die boot besoek beleef en as hulle gelukkig is vergesel ‘n groep dolfyne die boot.
Later sal almal ontspan op die boot met ‘n komplimentere glasie vonkelwyn met vars oesters en peuselhappies. Die hele bootrit duur ongeveer drie ure en dan kom ons weer terug na Swakopmund.
Die Help Seniors borg vir die boot trip so hierdie geleentheid is heeltemal gratis. Die eerste 65 senior lidmate wat hulle name opgee by Jany by die kerkkantoor, gaan saam. “Moenie uitmis nie – skakel net en onthou ‘n hoed, ‘n trui of baadjie, sonskerm en gemaklike shoene”, het die Hoof van die Help Senior group Danie Wessels gesê.Laas jaar het die groep die Etosha Panne besoek.
You must be logged in to post a comment Login