Dit wikkel met Walvisbaai se strate

Die kontrakteurs wat Walvisbaai se strate moet regmaak werk baie hard. Dit sluit Saterdae en selfs vakansiedae in. Hierdie groep op die foto het hierdie week 8ste Weg (oos van Sam Nujoma Rylaan) omtrent heeltemal afgehandel.

Nog kontrakteurs sal na verwagting in die komende dae aangestel word, wat die werk dan na al die buurte van Walvisbaai gaan uitbrei. Die spanne wat die verkeersmerke opverf laat ook nie op hulle wag nie. Dit is ‘n riem onder die harte van die dorp se inwoners om te sien dat ons plaaslike owerheid inspring om die dorp se toestand te verbeter.
Die nuutverkose Walvisbaaise Stadsraad maak seker dat die herstel, herbouing en teer van paaie ‘n hoë prioriteit bly.
Inteendeel, daar gaan binnekort kontrakteurs aangestel word om sekere strate heeltemal te herbou en om van die bestaande grondstrate te teer.
Die publiek word versoek om hul deel te doen om die werk van die kontrakteurs te vergemaklik. Dit sluit in om versperrings te eerbiedig, en nié op die nat oppervlaktes te ry of te loop nie.

You must be logged in to post a comment Login