ESK vier 50ste bestaans jaar

Die Evangeliese Sending Kerk Narraville het oor die loop van die naweek fees gevier as gemeenskap vir die kerk se 50ste bestaansjaar.

Deel van die vieringe was ‘n jeug byeenkoms Vrydagaand, asook ‘n manne onbyt en vroue tee Saterdagoggend en dan was die Saterdag afgesluit met ‘n vreugdevolle evangelievertoning waar Heavenly Sounds die gaskunstenaars vir die aand was. Die harmonieuse groep musikante het van Windhoek gereis om by die geleentheid op te tree. Die aand was goed bygewoon deur jonk en oud. Die gemeenskapskoor het die geleentheid met ‘n lied item oopgemaak, wat dan vervolg was deur verdere optredes. Die fees naweek is op Sondagoggend afgesluit met ‘n erediens

You must be logged in to post a comment Login