Fnb Afrika Perde Uithourit Kampioenskappe
Die jaarlikse saam trek van die perde uithourit gemeenskap is tans in Walvisbaai vir die taaiste stryd tussen die fiksste perde in die uithourit sport in Namibië en die buurlande Suid-Afrika en Botswana oor die kompeterende afstand van 120 km.
Hierdie is een van die gerekende ritte in die uithourit wêreld en van die moeilikste ter wêreld, wat baie tegniese beplanning asook fiksheid van ruiters verg. Die baan se veelsydige terrein is enig in sy soort en die enigste wat oor die hoogste duine in Suidelike Afrika, die oudste woestyn ter wêreld, die Namib, as ook langs die kuslyn strek.
Die omvang van die afgelope paar jaar se uitbreidings en ontwikkeling van die hawedorp het groote is egestelaan organiseerders om steeds die ritte kon behou maar ook nie teveel te skend aan die uitsonderlike baan nie.
Dit verg baie onderhandelinge en fyn beplanning en NERA wil hulle opregte dank uitspreek aan die Walvisbaai Munisipaliteit, Roads Authority, Ministry of Environment and Tourism, Mola Mola Sandwich Tours, Nampol, Walvis Bay Traffic Depart-ment, Walvis Bay Saltholdings en Dune 7 Adven-tures vir hulle samewerking en ondersteuning in die verband. FNB is NERA se hoofborg van hier die rit wat ruim bydra om te verseker dat hierdie rit jaarliks sukses vol aangebied word.
Die kompetisie is ‘n internasionaal erkende rit op FEI Standaard met veeartse wat ook FEI gekwalifiseerd is. Die veearts panel bestaan uit 12 veeartse waar van 6 van Namibia, 4 van Suid Afrika, 1 van Portugal, en een van Tunisie.
Daar is ook ‘n groot groep beamptes wat toesien dat alles volgens die reëls en regulasies verloop en die veiligheid van die perde vooropgestel word.
Die volgende ruiters is gekies om Namibiê in vier verskillende kategoriee te verteenwoordig:
Jong ruiters / Youngriders – Span bestuurder: Stuart Jacobs
Bianca Jacobs (Kapteine), Carmen Derks, Caila Potgieter, Benita Venter en Arianne Neumann.
Geen gewig / No Weight – Spanbestuurder: Rina Kriel
Franzi Marais (Kapteine), Eltrin Makondo, Elvoni Kriel en Justus Afrikaner
Standaardgewig – Spanbestuurder: Jannie Wiese
Sune Wessels (Kapteine), Reni van der Merwe, Engela Louwrens, Agies Mohale en Josef Namseb.
Swaargewig– Spanbestuurder: George Wessels
Pierre de Wit – (Kaptein), Bart Steyl, George Wessels, Drian Dames en Raymond Schier schmidt.
Ruiters en perde is reeds besig om hulleself voor te berei vir die uithourit wat Woensdag, 28 Augustus in en om Walvisbaai gaan plaasvind.
Die program het in alle erns gister Maandag 26 Augustus met Registrasies vanaf 08h00 begin. Gisteraand was die verwelkoming in die Walvis-baai Stadsaal.
Vanogend 27 Augustus gaan al die veeartse, beamptes en ruiters bymekaar kom om 11h00 op die terrein die rit bespreking te doen. Vanaf 12h00 gaan die veearts paneel die ingeskrewe perde onder soek om hulle fiks en gesond te verklaar om deel te neem.
Die perde gaan Woensdag oggend vanaf 05h30 weg spring. Afstande waaraan ruiters kan deelneem is oor 40, 60, 80, 100 en 120 km. Daar is ongeveer 105 deelnemers hierdie jaar vir die 120km afstand ingeskryf.
NERA wil graag vir almal baie voorspoed toewens en hoop dat almal versigtigheid en wysheid aan die dag sal lê om ons sport se naam hoog te hou. Die prysuitdelings funksie gaan Donderdag 29 Augustus om 18h00 in die stadsaal plaasvind.
You must be logged in to post a comment Login