FNB Kudu Bokkies môre in aksie
Die FNB Kudu Bokkies draf môre vir die eerste keer die jaar op hul tuisveld uit wanneer hulle om 13:00 teen die vroue span van FNB Rehoboth in die NRU se vroue rugby liga testaan kom op die Jan Wilken Stadium in Walvisbaai.
Die Bokkies wat hul eerste liga wedstsryd teen die Husheys van Okahandja met 17-10 gewen het sal die wen momentum wil behou.
Môre gaan ‘n baie opwindende wedstryd wees wanneer Nessie Jansen die span gaan aanvoer terwyl Anthea Schoombe die leisel voorlangs gaan vashou.
Die Bokkies beskik oor ‘n talentvolle agterlyn met heelagter Ruby Cloete die senter paar Nessie Jansen en Shaney Kearns, losskakel Merilees Govender en Robyn Andrews op skrum-skakel mag dalk net te veel wees vir die vrouens van Rehoboth.
Lionel Müller die afrigter van die FNB Kudu Bokkies is vol vertroue dat die Bokkies môre die knoop sal deurhak.
Die span bestuurder Valerie Stevens is baie tevrede met die spelers se opkoms en die feit dat hulle hul als gee op die oefen veld en is vol vertroue dat die span ‘n groot sukses van vroue rugby gaan maak.
You must be logged in to post a comment Login