FNB Kudu Rugby Klub terug op die oefen veld

Soveel as 40 rugby spelers van FNB Kudu Rugby Klub het al vir meer as ‘n maand tot aksie teruggekeer nadat rugby klubs die groenlig gekry het om weer te begin oefen en om voor te berei vir die Namibiese Rugby Unie-ligas wat op 10 April gaan afskop.

Met hoofafrigter Henry Kemp wat in 2019 aangestel is en die jaar bygestaan word deur Abraham Farmer en Herman Grobler is die span van Narraville oorgehaal om die premier en reserwe ligas te wen.
Die vrouespan van Kudu Rugby klub, die Kudu Bokkies, sal die jaar in ‘n vroue sewes liga deelneem. Alle belangstellende dames kan gerus met Mita Rios by 081 330 0063 of Nessie Jansen by 081 413 3849 in verbinding tree.
Onderhandelinge is in ‘n gevorderde staduim om ‘n Kudu Sport Klub op die been te bring met feitlik ‘n uitgemaakte saak dat ‘n sokkerspan uit Narraville weer die jaar in die Namibiese sokker liga gaan deelneem en daar is ook sprake van Netbal, Tennis en Krieket ook deel gaan wees van die Kudu Klub. Spelers wat belangstel om aan te sluit kan met Armando Calacca 081 415 0110 in verbinding tree.
Kudu Rugby Klub vier van jaar sy 60ste bestaansjaar en ‘n spesiale komitee is saamgestel om die fees viering wat waarskynlik in Augustus sal plaasvind te reël.
Die klub het onlangs hul nuwe bestuur vir 2021 gekies met Greg Swartz wat oorneem by Collin Stevens wat die waarnemende voorsiter was en nou genomineer is vir die visie presidents posisie by die NRU.
Die res van die Kudu bestuur is Lionel Muller – Sekretaris, Elmo Kurz -Tessourier, Wilme Damants – hulp Tessourier, Armando Calaccais -Wedstryd Sekretaris, Donovan Paulse en Boeta Mouton as bykomende lede.

You must be logged in to post a comment Login