FNB Kudus terug op rugbyveld

Rugby aksie skop die naweek in alle erns weer af wanneer die ligas hervat. Kudus 3 kom teen Okahandja rugbyklub te staan op die Jan Wilken Stadion.

Die wedstryd tussen die Kudu Bokkies en die Okahandja Huskies skop af om 13h00 voordat Kudus 3 en Okahandja kragte meet om 15h00. Albei wedstryde beloof opwindende rugby op te lewer met Kudus wat voor hul tuisskare as gunstelinge sal op draf.
Die volgende spelers word dringend versoek om oefening by te woon of met Coach Herman in verbinding te tree oor hul beskikbaarheid.
Tjino, Calacca, Nino, Deriou, Craig, Cody, Duitsman, Zander, Vossie, Jossie, Cossie, Jevu, Sameul, Wikkie, Boetie, Polly , Percy, Ivo, Quentos, Aurelio, Vernon, Murf, Justin, Chippie Lloyd, Uli , Savea, Makiti, Ashwin, Wardo, Greg, Daniel, Tronnie, Bulletjie, Bryan, Algernon, Tannies, Appels , Haroen, armas, Andrew, Harry, Paket, Ivo, Damants, Jarod, Jarron, Tangi, Gino, Abraham, Pakkie, Trevor, Wayne, Lukas, Rayton, Cassio, Daniel September, Snoek, Cameron, Bennet, Howard, Zane en Lezardo asook al die ander spelers wie se name nie hier genoem word nie.
Hekgeld is N$20 per volwassene, N$10 per skolier en N$10 per motor. Daar sal verversings te koop wees. Die klub nooi die publiek uit om te kom ondersteun. Streng Covid 19 protokol sal gevolg word.

You must be logged in to post a comment Login