Gat in strandmeer se wandellaan
Nee wat, dit lyk sleg en is baie gevaarlik. Ek het onlangs met my fiets langs die strandmeer gaan ry, en op hierdie gat in die wandelpad afgekom. Hoewel daar ‘n drom in die gat geplaas is, lyk dit nie baie mooi nie.
Walvisbaai het nou baie kuiergaste van heinde en vêr, en verwonder hul seker aan hoe ons gate in die strate, sypaadjies en wandellane aandui.
Hoewel dit niemand se skuld is dat daar ‘n gat in die wandellaan is nie, lyk dit wel asof ons hier op Walvisbaai nie weet wat om in sulke omstandighede te doen nie. Sit ‘n rooi lint daarom, gooi die gat vol sand of beter…. maak dit reg, want dit lyk nou al vir ‘n rukkie so.
Baie dankie.
Ontevrede Inwoner
You must be logged in to post a comment Login