Geesbou by Pro-Ed vir Privaatskole Toernooi

By Pro-Ed Akademie is gees definitief een van die belangrikste aspekte by ons jaarlikse “Big Brag” geleentheid. Pret, motivering en prestasie kan gesien word in elke Pro-Ed leerling se sosiale ontwikkeling. Trots en tradisie het deur die aand gevier.
Groot en klein het hulle laat hoor, terwyl trotse ouers toegekyk het. Van skaak, jukskei, fietsry en tennis, tot netbal, hokkie en rugby, is almal aan die gehoor voorgestel. Die spanne het met geesdrif hul krete geskreeu en liedjies gesing.
Ons eerste spanne van onderskeidelik hokkie, rugby en netbal het hul staal gewys. Die netbal meisies het met entoesiasme ‘n dans uitgevoer. Die hokkie manne het trots tussen vlae deur geloop terwyl die rugby manne deur luukse, geborgde motors van Autohaus Swakopmund ingebring is.
Die gees van ons skool is noemenswaardig. Die aand was baie goed deur al die Pro-Ed leerders en ouers ondersteun. Die skooltrots kon baie duidelik gesien word in elke leerlinge se voorkoms en die mooi manier waarop elke span hulself met groot geesdrif bekendgestel het.
Die aand is op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die sing van die skoollied.
Baie dankie vir elke leerling, ouer, onderwyser en afrigter se motivering en betrokkenheid. Baie sterkte aan al die Pro-Ed spanne vir die opkomende Privaatskole Toernooi. Mag Pro-Ed van krag tot krag gaan. Vlieg hoog!

You must be logged in to post a comment Login