Gesin ly groot skade toe motorhuis brand

‘n Huisgesin in Meersig op Walvisbaai het op 30 Desember groot skade gely, toe ‘n tandem motorhuis op die perseel waar hulle ‘n buitewoonstel huur in ‘n brand verwoes is.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die gesin se splinternuwe motor [wat nie verseker was nie] asook ander huisraad waarmee hulle ‘n inkomste probeer maak is heeltemal vernietig.

You must be logged in to post a comment Login