Gey van Pittius – Besig om Amok te maak
Die 12-jarige Adara Gey van Pittius van Swakopmund Privaatskool het die afgelope drie byeenkomste elke keer haar persoonlike beste hoogte verbeter in die hoogspring.
Die afgelope Saterdag tydens die Windhoek Gymnasium League of the Legends byeen-koms, het sy haar persoonlike beste hoogte van 1.49m na 1.55m verhoog.
Haar afrigter Hennie Horn het gesê dat hul kort-termyn mikpunt is ‘n aanslag op die Namibiese onder 13 rekord van 1.61m en die COSASSA rekord van 1.60m maar dat daar egter nog harde werk voorlê vir hierdie jong talentvolle hoog-springer.
Horn het gesê dat hy geen twyfel het dat Adara baie groot hoogtes gaan bereik op Nasionale en Internasionale vlak nie.
“Adara se hoogte vergelyk goed met die Top 10 ranglys op SA skole vlak en plaas haar in ‘n gesamentlike 1ste posisie” het Horn gesê.
Volgens Horn is atlete soos die hoogspringers Anro Bouwer, seuns onder 11 en Arizhia van der Walt ook onder die Top 10 bestes in SA in hul verskeie ouderdomsgroepe.
Athletics Development Club wat reeds geregistreer is by Atletiek Namibia en einde April sy amptelike bekendstelling gaan maak het met 9 van sy atlete aan die Windhoek Gynasium League of the Legends deelgeneem en met 9 Goud, 4 Silver en 2 Brons medaljes huistoe gekom.
You must be logged in to post a comment Login