Heldedaad by Jetty
‘n 24-Jarige man het Sondagnamiddag net-net ‘n besliste waterdood vrygespring nadat hy, in wat voorkom as ‘n selfmoordpoging, van die ysterkaai in Swakopmund afgespring het.
Volgens ‘n bron het die voorval tussen 16:00 en 17:00 plaasgevind. Die jong man is blyk- baar deur ‘n werknemer van die restaurant op die kaai opgemerk, en nadat hy in die see gespring het, het hierdie werknemer hom te hulp gesnel.
Die held van die dag het volgens inligting ‘n lang tou gegryp en dit na die drenkeling gegooi. Dié het dalk op daadie tydstip tot besinning gekom en die lewens- lyn met albei hande aangegryp. Reddingsdienste is ontbied en die persoon is na die Staathospitaal geneem vir waarneming.
Die koerant het gister- namiddag verneem dat hy buite gevaar, en op die been is.
You must be logged in to post a comment Login