Kamp vanjaar moontlik danksy samewerking

Die ongelooflike krag wat daar in saamspan lê is weereens bewys. Die Swakopmundse besigheid, Platinum Rentals, en Namibia Wildlife Resorts kon na afloop van die ondertekening van ‘n samewerkingsooreenkoms verlede maand die Myl 108, Myl 72 en Jakkalsputz kampeerterreine in ‘n rekordtyd opknap en aan die publiek oopstel.

Verteenwoordigers van Platinum Rentals moet nou behoorlik bontstaan om die kampeerders van voorraad en dienste te voorsien. Daar was nog meer kampeerders toe die meeste sakeondernemings vir die kerstyd gesluit het. Die eerste kampeerders begin reeds vroeg na die Nuwejaar tentpenne uittrek, maar daar is diegene wat eers teen 10 Januarie gaan kamp opbreek, om betyds tuis te wees vir die laaste skoonmaak voordat die skole om 13 Januarie begin.

 

You must be logged in to post a comment Login