Kudus klop Rehoboth in Titaniese Stryd
Kudus se Eerste span moes Saterdag hard sweet om Rehoboth 1 uiteindelik met 15 – 12 te klop, terwyl die tweede span meer ge-maklik met 29 – 15 aan die wenkant was. Kudus se naasbestes het vanaf die begin van die wedstryd gewys hulle is lus vir rugby met talle aanvalle wat vanaf die afskop op Rehoboth geloods is.
Die eerste punte in die wedstryd kom egter eers na sowat 10 minute se spel toe Shalako n strafskop deur die pale stuur. ‘n Rits strafskoppe aan Kudus binne trefafstand word egter na die kantlyn geskop sonder enige sukses. Rehoboth buit die situasie uit en plaas Kudus onder geweldige druk wat ‘n drie aan hulle besorg om die voortou te neem in die wedstryd met 7 punte teenoor 3. Marshell antwoord kort voor rustyd met ‘n drie vir die Kudus om die telling met 10 – 7 rustyd in Kudus se guns te laat staan. Kudus oorheers die tweede helfte en vuurvreter losvoorspeler Wikkie Bampton gaan kuier drie keer agter Rehoboth se pale. Rehoboth teken ‘n drie en n strafskop in die tweede helfte aan om die eindtelling op 29 – 15 in Kudus 2 se guns te laat staan. Die eerste span van Kudus moes sonder Grant Nash, Aurelio Plato en Joe Hermann klaarkom wat vir die Welwitchias teen die Valke gespeel het terwyl Immo Dresselhaus met ‘n skouer besering en Anthony Jevu met ‘n knie besering vir die res van die seisoen buite aksie is en Irvin Damants en Ivo Croza klaarblyklik hul rugbystewels gebere het. Die wedstryd was nie een van die aanskoulikste nie, maar nietemin spannend vir die volle 80 minute. Cassio Schoombe wat die jaar ‘n goeie seisoen tot dusver beleef, teken die eerste punte in die wedstryd aan toe hy in die 13de minuut deurnael vir ‘n drie wat deur Ulli verdoel word om aan Kudus ‘n voorsprong van 7 – 0 te besorg. Die volgende punte kom eers 22 minute later toe Rehoboth hul eerste drie druk en vyf minute later net voor rustyd ook n tweede drie druk wat hul rustyd met 12 – 7 laat voorloop. Die tweede spanne val in die tweede helfte verwoed aan en albei word telkemale kort voor die doellyn gestuit en verhoed om punte aan te teken. Plaasvervanger Allister Miller seil oor die doellyn in die linkerkantse hoek 30 minute in die tweede helfte en met die doelskop mis, staan die telling op 12 – 12 met 10 minute speeltyd oor. Met nog 5 minute speeltyd word ‘n Rehoboth speler uitgewys vir n laatvat wat aan Kudus ‘n strafskop besorg en deur Ulli deur die pale gestuur word om Kudus met 15 – 12 te laat voorloop. Kudus plaas weer vanaf die afskop druk op Rehoboth en alhoewel Percy Nash vanaf ‘n 5 meter skrum oor Rehoboth se doellyn seil, beslis die skeidsregter dat hy onkant was. Die eindtelling blaas kort daarna.
You must be logged in to post a comment Login