Kudus slag Dolphins
Kudus 2 – 49 Dolphins 2 -12
Kudus 1 – 27 Dolphin 1 – 0
Alhowel Kudus Saterdag 11 uit ‘n moontlike 12 punte ingesamel het, was dit ongetwyfeld een van hul swakker wedstryde tot dusver die jaar.
Een ding wat soos n paal bo water staan is dat daar nie plek vir 3 Premier Liga Klubs langs die kus is nie. Daar is eenvoudig net nie soveel talent langs die kus om heeljaar kompeterend te wees nie. Dolphins met talle versterkings vanaf ERA in hul geledere was steeds nie opgewasse vir Kudus nie. Kudus 2 het ‘n maksimum van 6 punte ingesamel met die 7 driee wat hulle gedruk het. Dylan Theron en Bjorn Block het in die eerste helfte agter Dolphins se doellyn gaan kuier en was reeds rustyd met 18 – 5 voor. Met die omdraai slag het die manne behoorlik die krane oopgedraai en 5 verdere driee deur Zane Williams (2) Waylon Strauss, Joshua en Snoek het Kudus 2 ‘n gemaklike oorwinning van 49 – 12 besorg. Die tweede span het vroeër die jaar ‘n paar maklike wedstryde op n skinkbord weg gegee wat hulle in ‘n baie gunstiger posisie kon geplaas het as wat hul tans is. Die kragmeting tussen die eerste spanne was by tye aan-vaarbaar, maar in die geheel was dit maar ‘n flouerige vertoning deur albei spanne. Dolphins het soos in die eerste ontmoeting hierdie keer met nog groter verwagtinge Narraville toe gekom, maar daarvaan het niks gekom. Hul veelbesproke agterlyn met propvol talent was weereens swak en kon nooit hul stempel afdruk nie. Die voorspelers was bedrywig in die losspel en hul lynstaan werk was perfek. In die skrums het hulle egter swaar geleef en was die skeidsregter hul nie goed-gesind in die faset nie en kon die telling veel hoër gewees het. Elmo Van der Bijl en Carlton Stevens druk toe in die eerste helfte wat Kudus rustyd met 13 – 0 laat voorloop het. ‘n Taamlike swak tweede helfte lewer toe nog 2 driee vir die Kudus op deur Immo Dresselhaus en Dolla Croza om Kudus met 27 – 0 te laat seëvier.
Harde werk le egter vir albei spanne voor. Te veel spelers daag die laaste ruk met rukke en stote by die veld op wat die afrigters se beplanning ietwat knie-halter.
You must be logged in to post a comment Login