Kudus terug op oefenveld vir 2019

Kudu Rugby Klub is weer amptelik terug op die oefenveld met oefening wat Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18:30 sal wees.

Alle spelers en veral nuwe lede word aangemoedig om die oefensessies by te woon om hul gereed te kry vir die 2019 seisoen. Albei spanne het in 2018 bevredigende jaar beleef en sal daarop wil voortbou. Alhoewel die Bestuur verlede jaar die trofee wenners geidentifiseer het kon ‘n geskikte plek en gepaste datum nie gevind word om die jaar eindfunksie aan te bied nie en sal heel waarskynlik voor die Algemene Jaar Vergadering.
Persone wat hul tot die Bestuur of afrigtingspan wil beskikbaar stel is welkom om met die huidige Bestuur in verbinding te tree.

You must be logged in to post a comment Login