Ma van twee kindertjies vermis na aand uit op Walvisbaai

‘n Vrou in haar 20’s is sedert Vrydag, 10 Junie op Walvisbaai vermis. Sy het op dié dag vir die aand uitgegaan en is nooit weer gesien nie.

Die vrou, Celine Bock, is glo nie van Walvisbaai nie, en het onlangs met haar twee kinders op die hawedorp aangekom en het by ‘n egpaar loseer.
Laat op die aand van 10 Junie het die egpaar haar glo geskakel om te verneem wanneer sy tuis sou wees. Sy het twee kinders, ‘n sesjarigedogtertjie en ‘n 3 maande oue seuntjie by die loseerders gelos en hulle het bekommerd geraak omdat sy nie huistoe kom nie.
Bock het glo haar selfoon geantwoord en gesê sy sou binnekort tuis wees. Sy het nooit opgedaag nie en haar selfoon is sedertdien afgeskakel.
Die polisie op Walvisbaai en Windhoek is reeds ingelig oor die vermiste vrou. As iemand enige inligting het oor Bock of waar sy haarself moontlik bevind, kontak asseblief die namib times kantoor op 064 205854 of Gareth Nortjé by 081 395 5988.
Regs: hierdie onduidelike foto is die enigste wat van Celine Bock beskikbaar is. Die publiek word versoek om inligting te verskaf om haar op te spoor.

You must be logged in to post a comment Login