Oud skoolhoof Hendrik Bam sterf
Boodskappe van medelye stroom in na die familie van ‘n oud-skoolhoof van Walvisbaai, mnr Hendrik Bam wat Sondag na ‘n kort siekbed in Suid-Afrika oorlede is. Hy het ten tye van sy dood saam met sy gesin in die De Rust-omgewing naby Oudtshoorn gewoon.
Wyle mnr Bam was die laaste skoolhoof van die Hoogenhout Laerskool op Walvisbaai. Die skool het in 1993 met Laerskool Walvisbaai saamgesmelt. Op sy Facebook blad word wyle Bam geloof vir sy toewyding wat hy tot sy onderwysloopbaan gehad het asook die spesiale wyse waarop hy met kinders kon werk.
Hy laat sy vrou Trudie, dogter Elzaan van Wyk en seuns Stian en Rico agter.
You must be logged in to post a comment Login