Pets Paradise vier hul eerste verjaarsdag

Saterdag 27 Oktober het PETS PARADISE WALVISBAAI hulle eerste verjaarsdag viering gehad. Hulle het baie pret gehad en hulle gewaar-deerde kliënte het die dag saam met hulle geniet.

By PETS PARADISE is ons trots om te sê: “MENSE VERTROU ONS EN TROETELDIERE IS LIEF VIR ONS”. Troeteldiere is deel van elke liefde-volle familie en elke eienaar is passievol om vir hulle net die beste produkte en bykomstighede aan te skaf. Ons by PETS PARADISE verstaan dit 100% en ons weet wat hulle diere vir hulle beteken. Ons maak voorsiening vir elke hond, kat, klein diertjies, voëls en visse met produkte wat spesiaal vir hulle gemaak is om hulle gelukkig te hou. ‘n Gelukkige troeteldier beteken ‘n gelukkige eienaar.
PETS PARADISE is trots op ons kwaliteit diens en ons bou verhoudings met ons kliënte wat vir ewig hou.
Ons wil ‘n GROOT DANKIE sê aan al ons kliënte wat ons ondersteun en ons sien daarna uit om nog vir baie jare besigheid te doen.

You must be logged in to post a comment Login