Polisie soek Taxibestuurder vir inligting oor bewerings van Roof

namib times 1-09-15

Sowat ‘n maand gelede is ‘n jong vrou oppad van haar werk af in ‘n taxi beroof. Sy was op pad vanaf die nagklub waar sy werk, na haar huis toe, toe nóg ‘n  persoon opgelaai is. Die man het haar na bewering van haar handsak en minstens N$400 beroof.

Die persoon wat laaste in die taxi geklim het,  het die taxibestuurder versoek om hom eerste af te laai. Toe hulle sy aflaai punt bereik, het die verdagte na bewe-

ring ‘n vuurwapen gerig op die vrou in die taxi en op die drywer,  en haar handsak gegryp met kontant in van sowat N$400.

Die polisie het die verdagte in hegtenis geneem nadat hy van die produkte wat in die handsak was, wou verkoop.

“Ons sal die hulp van die publiek en veral van taxi-eienaars verwelkom, indien hul inligting beskikbaar het in hierdie verband.

“Ons is op soek na die taxibestuurder om in die saak te getuig” sê  Adjudant Offisier John Henry Geiseb van die Eenheid teen Ernstige Misdaad.

Geiseb sê volgens die vrou was die taxibestuurder ook erg geskok deur die gebeure.

Enigiemand met inligting oor waar die taxibestuurder hom moontlik bevind, of die bestuurder self, kan Adjudant Offisier Geiseb

by 081 262 9842,  of  Hoof-inspekteur John Matongwe, by 081 246 1121 skakel.

Die roofverdagte is in aanhouding.

You must be logged in to post a comment Login