Semi-finale kruip nader

Rudi Bowe 

Met nog net twee wedstryde oor en vir die meeste klubs drie oorblywende wedstryde oor is dit n uitgemaakte saak dat UNAM wat tot dusver al hul wedstryde gewen het weer as kampione gekroon kan word.

Die ander spanne wat dit nog sal moet uitspook vir ‘n plek in die semi-finale is die nuweling in die premierliga Grootfontein wat tans tweede op die punte leer is met 19 punte. Die manne van Grootfontein het net nodig om een van hul oorblywende wedstryde te wen vir n plek in die semi-finale.
Western Suburbs wat 5de op die punte leer met 13 punte na vier wedstryde sal al hul oorblywinde wedstryde moet wen om deur te gaan na die semi-finale.
Wanderers en Rehoboth wat derde en vierde op die punte leer is sal ook al hul oorblywende wedstryde moet wen vir ‘n plek in die semi-finaal.
United het drie wonderwerke in hul oorblywende wedstryde nodig as hulle terug in die wedloop wil kom om sy titel te verdedig. United se oorblywende wedstryde is twee weg teen FNB Kudus en FNB Wanderers en n tuis wedstryd teen FNB Western Suburbs.
Vir FNB Kudus en FNB Reho Falcons wat onderskeidelik 5de en 6de met 6 liga punte op die punte leer is, is plek in die semi-finaal nie vir die twee spanne beskore nie. Altwee spanne het nog net twee wedstyde oor.

You must be logged in to post a comment Login