Shotokan Karate Academy Swakopmund vereer hul presteerders

Shotokan Karate Akademie se prysuitdeling vir die jaar 2016 het plaasgevind Donderdag, 10 November, waartydens die studente met toekennings beloon is vir hul harde werk gedurende hierdie jaar.

Met ‘n terugblik op 2016 se prestasies was beslis die hoogtepunt hierdie jaar se JSKA Wêreld Kampioenskappe wat vir die eerste keer in die geskiedenis op eie bodem aangebied is gedurende Julie in Swakopmund en verder die Swakopmund Karate Academy se Ope toernooi wat die derde keer in die nuwe Swakopmund Dome gehou is, die jaarlikse Shotokan Nasionale Kampioenskappe in Windhoek, die Shotokan Karate Ontwikkelingstoernooi in Walvis, die Namibia Amateur Karate Unie (NAKU) se Kampioenskap in Windhoek en die Region 5 toernooi in Zimbabwe.
Dit was ‘n uitmuntende jaar vir die Shotokan Karate Academy Swakopmund aangesien 50 studente deelgeneem aan die JSKA Wêreldkampioen-skappe en in total 85 medaljes verwerk het waarvan 33 goud, 33 silwer en 19 brons was.
Dus beskik die klub self oor 33 wêreldkampioene tans.
Verder het die klub ook nuwe Referees en Judges by Naku wat hul geslaagde eksamens afgelê het volgens die WKF reels om sodoende op Nasionale vlak ‘n impak te maak op die karategemeenskap.
Die Swakopmund klub gaan in 2017 voortbou aan ‘n goeie toekoms vir die studente en sien uit na nuwe uitdagings met ‘n blik op 2020 se Tokyo Olimpiese Spele waar karate vir die eerste keer as aksiesport ingesluit is.
Tydens die prysuitdeling het Rodriquess Mauha (Shodan), Keanu Stuurman (Shodan), Rowan Burger (Shodan), and Henroux Swart (Shodan) met swart belte toegeken en vereer.
Die klub wens alle karateka en ouers van Swakopmund ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2017 toe.
Karate-klasse en registrasies sal weer op Maandag 23 Januarie 2017 om 17:30 begin by die Swakopmund stadsaal.
Kontak gerus vir Valdemar Swart by 085 124 2938 of per epos shotokan@iway.na vir meer inligting.

You must be logged in to post a comment Login