‘n Walvisbaaier beweer sy Sondagoggend brood by ‘n bekende kettingwinkel op die hawedorp ge-koop. Tot haar skok het die brood ‘n stuk hout met ‘n spyker daarin bevat. Hulle het die ontdekking gemaak toe hulle Sondagaand die brood gesny het en daarvan wou eet.
“My man het al van die eerste snye brood geëet. Toe hy by die middelste snye kom, het hy stukkies hout gewaar kompleet met spykers daarin. Dit is bitterlik ge-vaarlik. Wat sou gebeur het as ‘n kind of iemand daarvan ingesluk het? Dit sou baie skade veroor-saak. Ons het die brood voor 13:00 gekoop en Son-dagaand het ons op dit afgekom,” is gesê.
Volgens ‘n bestuurder van dié kettingwinkel word daar nou met dringendheid ondersoek wat kon ver-oorsaak het dat die stuk hout en spykers in die brood opgeland het. Die bestuurder sidder oor die gevolge sou iemand die hout en spykers byt of insluk, en het sy versekering gegee dat dit nooit weer sal gebeur nie.
Hy het ook gevra die klaer moet die strokie na hom bring.
“Dit kon wees dat die hout per abuis in die deeg geval het, maar ons wil nie verskonings maak nie. Ons wil dadelik regmaak”.
Skok toe egpaar hout en spykers in hul vars winkelbrood ontdek
Widgetized Section
Go to Admin » Appearance » Widgets » and move Gabfire Widget: Share into that BigPicture-Share zone
You must be logged in to post a comment Login