Somertyd is jukskeityd

Verlede Saterdag, 27 Augustus, het ons jukskei gespeel op Hentiesbaai. Dit was ‘n heerlike dag en goeie jukskei is gespeel.

Baie dankie aan Gert Burger en sy span vir al die reëlings, lekker kos en heerlike dag. Saterdag, 3 September vind die eerste liga-wedstryde op Walvisbaai plaas. Somertyd is jukskeityd. Vanaf 6 September begin ons oefen. Almal is baie welkom.
Dit is ‘n baie lekker familie sport. Vir enige navrae kontak asseblief die volgende persone: Francois Boshoff (Swakopmund) 081 129 0022 Gert Burger (Hentiesbaai) 0812535334 Jurie Liebenberg (Walvisbaai) 0812872291 Willie/Des Hanekom (Usakos) 0852147670.

You must be logged in to post a comment Login