Stem Swakopmund!
namib times 10 july 2015
Joernalis: Marshallino Beukes
Swakopmunders sal van volgende week af aan ‘n stemmery van ‘n ander kleur deelneem, want die vakansiedorp is vir die tweede keer as ‘n finalis in KykNet se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys.
Nege dorpe uit verskillende provinsies (RSA en Namibië) het na die finale rondte deurgedring.
Swakopmund (Namibië) Petrus Steyn (Vrystaat) en Newcastle (KwaZulu-Natal) is die laaste drie fina-
liste wat aangekondig is.
Die stemmery skop volgende week Woensdag (15 Julie) af en gaan via sms gedoen word. Die sleutelwoord is “Swakopmund” wat na 33157 per sms gestuur moet word. Die stemlyne is oop vanaf 08:00 Woensdagoggend (15 Julie) tot 11:00 die oggend van 21 Julie en ‘n minimale fooi van N$1,50 per sms word gehef. Een persoon kan tot dertig keer stem.
Die wendorp gaan op 29 Julie om 20:00 (SA tyd) op Kwêla bekendgemaak word (19:00 Namibiese tyd).
Die dorp van die jaar sal wegstap met bemarking ter waarde van N$1 miljoen en dit sal beslis die gelukkige dorp se plek op die wêreldkaart verste-
wig.
Swakopmunders sal hul stemme moet laat instroom, en net dalkies skop die vakansiedorp hierdie
jaar die ander finaliste se oë vol Namibsand.
Die ses vroeër aangekondigde finaliste is Jef-
freysbaai, Douglas, Wellington, Meyerton, Middelburg en Thabazimbi.
You must be logged in to post a comment Login