Stemkoors loop hoog in Swakopmund
namib times 17 july 2015
Verslaggewer: Marshallino Beukes Photograph by Xenia Ivanoff-Erb .
Die stemlyne vir KykNet se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie is vanaf Woensdag oop en Swakopmund, wat een van die nege finaliste is, is een van die gunstelinge om met dié gesogte titel weg te stap.
Die stemmery is in volle gang en die hele land word gevra om die woord “Swakopmund” na 33157 per sms te stuur. Die stemlyne is oop tot 11:00 die oggend van 21 Julie en ‘n minimale fooi van N$1.50 per sms word gehef. Een persoon kan tot dertig keer stem. Die wendorp gaan op 29 Julie om 20:00 (SA tyd) en 19:00 Namibiese tyd) op Kwêla bekendgemaak word.
Die Dorp van die Jaar gaan wegstap met bemarkingswaarde van N$1 miljoen en sou Swakopmund wen, gaan dit ook ‘n oorwinning vir die res van die land wees. Keetmanshoop en Lüderitz was ook in die wedloop, maar kon nie daarin slaag om na die finale rondte deur te dring nie. Swakopmunders en die ganse Namibië word gevra om hul stemme te laat instroom, aangesien ‘n minimum van ten minste 100 000 stemme die knoop kan deurhaak.
Die plaaslike organiseerders in Swakopmund het gister aan namib times genoem dat daar môre (Saterdag) ‘n groot verrassing vir die publiek wag. Daar gaan om 11:00 by Fruit & Veg se Swakopmund-tak iets in hierdie
verband plaasvind en ook om 12:00 by die Pick n Pay interseksie.Inwoners word hartlik uitgenooi om teenwoordig te wees. Nege dorpe uit verskillende provinsies (RSA en Namibië) het na die finale rondte deurgedring.
Swakopmund (Namibië), Petrus Steyn (Vrystaat) en Newcastle (KwaZulu-Natal) is die laaste drie finaliste wat
aangekondig is.
Die ander ses finaliste is Jeffreysbaai, Douglas, Wellington, Meyerton, Middelburg
You must be logged in to post a comment Login