Toks & Tjops op Swakopmund
Die gewilde Suid-Afrikaanse informele rugby kletsprogram, “Toks en Tjops”, het Donderdagaand ”n ‘n regstreekse uitsending by die Strandhotel op Swakopmud hou. Die program was oor die DStv kanaal, Kyknet, uitgesaai en sal ook vir GOtv intekenaars beskikbaar wees.
“Toks en Tjops“ is ‘n kletsprogram waarin voormalige SA-rugbysterre, Toks van der Linde en Breyton Paulse en aanbieder Janina Oberholzer saam met gaste na verskeie sportgebeure kyk. Rugby is die hooftema.
Namibië was op die voorgrond van dinge tydens die uitsending. Saam met hulle was die ewe-gewilde sjef van “Toks en Tjops”, Vaatjie, wat weer voorslag kos opgetower het. Die “Toks en Tjops” span is deur Multichoice Namibia se Besturende Direkteur mnr. Roger Gertze en sy span op Swakopmund ontmoet.
You must be logged in to post a comment Login