Tot die jakkalse soek koelte

Mnr Koos Liebenberg van Walvisbaai, en sy kleinseun Kianu Etzholdt, het hierdie besonderse foto’s onlangs geneem van jakkalse wat in die koel water van die Walvisbaai strandmeer lafenis soek.

Baie warm bergwindtoestande heers al die afgelope paar dae aan die grootste dele van die Namibiese kus. Niemand word gespaar nie, insluitende die diere. Die goeie nuus is dat die warm weer nou gaan begin opklaar en aanstaande week word daar koeler weer vandag met selfs sprake van ligte buie.

You must be logged in to post a comment Login