TransNamib vervoer 1,6m ton vrag in 2018/19 boekjaar
Namibië se nasionale spoorkarweier, TransNamib, het in die 2018/2019 boekjaar ‘n kort-kop 1,6 miljoen ton vrag karwei. Dit is 8,53 % beter as in die 2017/18 boekjaar.
Ongeveer 27 % hiervan was die karweiding van boumateriale (sement, sand, boustene); 20 % was grootmaat vloeibare stowwe (soos swawel-suur); grootmaat brandstof het ook 20 % daar-van uitgemaak en mynprodukte (soos man-gaan) het ongeveer 14 % daarvan uitgemaak. Vraghouers het sowat 9 % van die totale volume opgemaak en landbouprodukte sowat 7 %
Die oorblywende 3 % was ander vrag wat nie op ‘n gereelde grondslag per spoor vervoer word nie (soos motors byvoorbeeld).
Nota 1: hoewel TransNamib passasiersvervoer in sy diensporterfeulje het, het dit nie in die bogenoemde boekjaar noemenswaardig presteer nie.
Nota 2: die Desert Express toeristetrein het ook in dieselfde boekjaar nie gewerk nie. Hoewel daar toé al beplan was om die toeristetrein weer aan die gang te kry, het dit tot op hede nog nie gerealiseer nie.
Nota 3: Ondanks TransNamib se galante pogings om as nasionale spoorkarweier ‘n impak op die Namibiese vervoermark te maak, kraai binne-landse padvervoer nog steeds koning.
Bron van inligting: Namibia State of Logistics Report 2020
You must be logged in to post a comment Login