Veiligheidsman skiet glo sy huismaat dood
‘n Veiligheidspersoneellid van G4S Securicor op Swakopmund word van moord aangekla nadat hy op 20 Desember verlede jaar sy huismaat in die Tulinawa-woonbuurt na bewering koelbloedig met sy dienswapen doodgeskiet het.
Die huismaat, wyle Brendon Keramin (27), het glo ‘n familielid aan huis gehad, toe die 30-jarige David Goa-Eiseb opdaag met sy dienswapen en ‘n skoot afgevuur het. Keramin is noodlottig getref.
Goa-Eiseb het op 22 Desember op ‘n moordklag in die Swakopmund landdroshof verskyn.
Verslae familielede van die oorledene en kollegas van die beskuldigde worstel nou met baie vrae. Die polisieondersoek sal hopelik antwoorde kan verskaf.
You must be logged in to post a comment Login