Voetganger opslag dood in ongeluk – Bekende regsgeleerde blykbaar agter stuurwiel

namib times 12 Junie 2015

Volgens Hoofinspekteur Erastus Iikuyu het die oorledene en ‘n vriend ‘n saamrygeleentheid vanaf Swakopmund na Walvisbaai gehaal en is buite die dorp afgelaai.

Hulle was blykbaar besig om die pad oor te steek in die rigting van Kuiseb-mond, toe die voertuig haar getref het, met noodlottige gevolge.

Daar is vasgestel dat die bestuurder van die voertuig blykbaar ‘n bekende prokureur van Walvisbaai was.

Die polisiewoordvoerder dui aan dat die bestuurder nie gearresteer is nie en dat die saak ondersoek word.

Volgens hom gaan ‘n dossier, na afloop van die ondersoek geopen word en die Staatsaanklaer sal dan moet besluit of daar voortgegaan word met ‘n saak van strafbare manslag, aldan nie.

Die prokureur se naam is bekend, maar word weerhou aangesien geen kriminele klag tot hede aanhangig gemaak is nie.

You must be logged in to post a comment Login