Walvisbaai leerling wen in ATKV
Eileen van der Schyff
Erongo blink uit in ATKV-Redenaars 2019
Angelica Basson, ‘n leerling van The International School of Walvis Bay, het as ‘n kategorie-wenner uit die stryd getree (Beste Taalgebruiker en Algehele Wenner) in die ATKV Redenaars se nasionale finale ronde. Die finaal is op 1 en 2 Augustus by die ATKV se Goudini-Spa beslis.
‘n Totaal van elf leerders uit Namibië, waarvan sewe vanuit die Erongo Streek is, het bewys dat hulle met die beste van die bestes kan meeding en kon deurdring na ‘n nasionale finale.
Die elf Erongo-leerders wat deurgedring het tot die nasionale finale is:
Dominique Peterson – Laerskool Walvisbaai
Kristen Peterson – Laerskool Walvisbaai
Petrus Ekandjo – Walvisbaai Privaat Hoërskool
Elmi McCarthy – Walvisbaai Privaat Hoërskool
Maurice Hinterholzer – Walvisbaai Privaat Hoërskool
Angelica Basson – The International School of Walvis Bay
Queen Uukule – The International School of Walvis Bay
Hilein Fourie – Privaatskool El Natan
Gerhard Becker – Windhoek Afrikaanse Privaatskool
George Adamson – Windhoek Afrikaanse Privaatskool
Milne Becker – Windhoek Afrikaanse Privaatskool
“ATKV-Redenaars voorsien aan leerders ‘n platform om hul sê met selfvertroue in Afrikaans te kan sê. Dit skep vaardighede wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul loopbaanvelde kan plaas. Deelnemers moet hul eie toesprake voorberei en mag onder andere nie gepubliseerde artikels woordeliks aanhaal nie. Die lewering van gekoopte en of gepubliseerde toesprake kan daartoe lei dat ‘n deelnemer gepenaliseer word,” aldus die ATKV webtuisblad.
You must be logged in to post a comment Login