Geen Dubbel Toelaes Vanaf Hierdie Jaar

WhatsApp
Facebook
X
LinkedIn
Email
Print
Geen Dubbel Toelaes Vanaf Hierdie Jaar
ministry of finance naimbia cover

Die Ministerie van Finansies het aangekondig dat daar vanaf hierdie jaar geen dubbele toelaes aan pensioenarisse en ander begunstigdes uitbetaal gaan word nie.

In die verlede het begunstigdes aan die einde van November hul toelaes vir November en Desember ontvang, maar volgens ‘n mediavrystelling deur die Ministerie is hierdie praktyk kortgeknip en begunstigdes gaan hul November-toelaag einde November ontvang en hul Desember-toelaag einde Desember.

Kindertoelaes gaan ook nie soos in die verlede dubbel uitbetaal word in Januarie nie, almal gaan maand-tot-maand toelaes ontvang. Hierdie verandering is van toepassing op ouderdomspensioen, ongeskiktheidstoelaag, toelae vir kwesbares, pleegsorgtoelaag en die onderhoudstoelaag. Volgens die persvrystelling is die Ministerie van Finansies in noue samewerking met die Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn ten einde te verseker dat uitbetalings glad gaan verloop.

Die landsregering spandeer ongeveer N$633 miljoen elke maand en ongeveer N$7.3 biljoen jaarliks op hierdie toelaes.

Deur Marshallino Beukes

Share:

WhatsApp
Facebook
X
LinkedIn
Email
Print

Stay Informed

Subscribe to our Newsletter

Get the latest breaking news delivered right to your inbox! Learn More